Appeltert

1 x 400 g- bevrore skilferdeeg, ontdooi
45 ml vlapoeier
200 ml melk
65 g versiersuiker (125 ml)
30 g margarien (30 ml)
6 tertappels
125 ml brandewyn
5 ml fyn kaneel
5 ml fyn koljander
2,5 ml fyn neutmuskaat
120 g strooisuiker (140 ml)
2 eiers, geklits

Plaas 'n grootbord ( 25 cm in deursnee) op die deeg en sny rondom die bord. Prik die deeg hier en daar met 'n vurk, plaas op 'n bakplaat en bak vir 15 minute in 'n voorverhitte oond teen 200C tot goudbruin. Meng die vlapoeier en 50 ml van die melk om 'n gladde pasta te vorm. Verhit die orige 150 ml melk tot kookpunt. Voeg
die versiersuiker by die kokende melk en roer om dit op te los. Roer 'n bietjie van die warm melk by die vla mengsel, giet terug in die kastrol en bring oor matige hitte tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die mengsel verdik. Roer die margarien by en laat afkoel. (Bedek die kastrol met 'n bord om te verhoed dat 'n vel vorm).
Skil, ontkern en sny die appel in blokkies. Sprinkel helfte van die brandewyn en al die speserye oor die appels.
Giet die oorblywende brandewyn in 'n braaipan, voeg die strooisuiker by. Sodra die mengsel begin karameliseer, kan die appels bygevoeg word. Laat 'n verdere 10 minute oor hoƫ hitte kook, roer aanhoudend.
Smeer die koue vla eweredig oor die gebakte deeg en plaas die warm appelmengsel bo-op. Sit dadelik voor met styfgeklopte, vars room.