(mikrogolf
resep)
Kors:
6
Marie-beskuitjies
½
koppie sagte bruinsuiker
1
koppie klapper
½
koppie koekmeelblom
knippie
sout
½
koppie botter of margarien
Vulsel:
2
ekstra groot eiers
4
koppies melk
½
koppie mielieblom
60g
suiker
15ml
vlapoeier
knippie
sout
12.5ml
botter of margarien
5ml
karamelgeursel
Rol
die Marie-beskuitjies fyn. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout
by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100% krag in ‘n
diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net tot gesmelt. Voeg die
beskuitjiemengsel by en meng. Hou 30ml van die beskuitjiemengsel eenkant. Druk
die res van die mengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand
en op die boom van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2
minute lank oop by 100% krag. Skei die eiers. Klits die eiergele en 200ml van
die melk saam die dieselfde bak waarin die botter vir die kors gesmelt is. Voeg
die mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng. Voeg die res
van die melk by. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot
gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by.
Klits die eierwitte
tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies met ‘n metaallepel by die vulsel
in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou
is oor.