Karamel Yskastert

Kors
Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel
25ml botter gesmelt

Vulsel
125 ml vars room
2 sakkies Orley Whip
1 blikkie (380g) karamel
250g geroomde maaskaas
15ml gelatien, opgelos in 125ml water
125ml strooisuiker
10ml karamelgeursel

Vir die kors:

Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.

Vir vulsel:

Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel. Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.