Korslose Spek En Worsietert

Botter om 'n tertbord van 22 cm te smeer

125 g swoerdlose ontbytspek, gekap om in bord te sprinkel
15 ml olie
1 klein uitjie, baie fyn gekap
1 x 200-g-blikkie Weense worsies in dun ringetjies gesny
30 ml gekapte pietersielie
5 ml gemengde droƫ kruie
250 ml beleƫ Cheddar-kaas, gerasper
375 ml melk
3 ekstra groot eiers
45 ml meel
5 ml bakpoeier
5 ml gegeurde sout (sout en peper)
5 ml mosterdpoeier

Braai die ontbytspek in die olie tot die vet begin uitbraai. Voeg die ui by en braai tot dit sag en glansend is.
Voeg die worsies, pietersielie en kruie by. Sprinkel die kaas in die voorbereide bak. Skep die vleismengsel eweredig oor die kaas. Klop die melk, eiers, meel, bakpoeier en geurmiddels deeglik saam. Giet oor die vulsel. Bak ongeveer 35 minute lank in 'n matige oond by 180C tot mooi bruin en gestol.