Rum En Rosyne Yskastert

250ml kookwater
420ml pitlose rosyne
250ml room
397g Caramel Treat (kondensmelk)
3ml vaniele geursel
8ml rumgeursel
200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)

Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week.
Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed.
Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel.
Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel.
Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor.
Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.