Griekse Vlatert

Stroop:
360ml suiker
2 kaneelstokkies
5ml suurlemoensap
375ml water

Vulsel:
1.5liter melk
180ml suiker
250ml botter
skil van 1 lemoen in repies, gesny
200ml semolina (Tasty Wheat)
6 eiergele, geklits

Kors:
500g filodeeg
100ml botter, gesmelt
12.5ml kaneelsuiker

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 36cmx26cm-oondbak met botter.

Stroop:
Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10 minute tot dik en stroperig. Laat afkoel.
Haal kaneelstokkies uit voordat stroop oor die tert gegiet word.

Vulsel:
Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. Voeg semolina by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig is. Haal van stoof af. Laat effens afkoel voordat die geklitste eiergele bygevoeg word. Haal die lemoenskil uit.

Kors:
Sit ‘n vel filodeeg filodeeeg in die bak sodat die boom en kante bedek is. Verf die deeg met gesmelte botter.
Herhaal die proses met nog 6 velle filodeeg. Skep vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is. Sny 2 velle filodeeg in dun repies. Versprei die repies oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Giet koue suikerstroop oor warm tert. Sny in vierkante en sit louwarm voor.