Afrika Tert

Kors:
70ml botter gesmelt
250ml Bacon Kips koekies, fyngemaak

Vulsel:
2 bosse spinasie, skoongemaak,fyn
3 repies spekvleis, grof gekap en gaar gestoom
1 middelslag ui, fyn gekap
250g geroomde maaskaas
350ml suurroom
4 ekstra-groot eiers, geklits
125g fetakaas
parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 150C en smeer ‘n 20cm-losboomkoekpan met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die botter en koekiekrummels goed en druk op die bodem en effens teen die kante van die voorbereide koekpan vas. Hou eenkant. Dreineer die gestoomde spinasie goed en druk dan in jou vuis droog om van alle vloeistof ontslae te raak. Braai die spek tot halfgaar, voeg die uie by en braai tot die uie sag en geurig is. Klits die maaskaas, suurroom en eiers goed saam. Roer die spek en uiemengsel asook die spinasie by. Roer die fetakaas in en giet in die voorbereide kors. Bak 1¼ uur lank tot ferm en goudbruin. Sprinkel ‘n bietjie parmesaankaas oor en laat staan vir omtrent 30 minute om stewig te raak. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.