4
tamaties geskil, en in dik skywe gesny
1
ui, fyn gekap
25ml
vars pietersielie, fyn gekap
6
hard gekookte eiers, afgedop, in skywe gesny
50ml
droƫ broodkrummels
12.5ml
botter of margarien
6
eiers, geklits
5ml
sout
1ml
varsgemaalde swartpeper
250ml
room
100ml
bier
1ml
rooipeper (opsioneel)
Voorverhit
die oond tot 180C. Rangskik die tamatieskywe op die boom van ‘n goed gesmeerde
oondskottel.
Strooi
die ui en pietersielie oor die tamatieskywe en rangskik die eierskywe bo-op.
Strooi die broodkrummels oor die eierskywe en stip dit met die botter of
margarien. Klits die res van die bestanddele saam en gooi dit versigtig oor die
inhoud van die oondskottel. Bak dit 45-50 minute lank op die middelste oondrak
totdat dit ferm is. Bedien dit warm
met ‘n mengelslaai.