Kors:
125g
sagte botter of margarien 500ml koekmeelblom
50ml
water
Vulsel:
25olie
2 preie (in ringe gesny)
150g
sampioene (in skyfies gesny
200g
skelvis(gestoom, ontgraat, gevlok)
1x200g
steurgarnale(gedreineer)
250ml
Cheddarkaas (gerasper)
3
ekstra grootte eiers (liggies geklits)
125ml
room
125ml
melk
sout
en peper
Voorverhit
die oond tot 200C. Vryf die botter met jou vingers in die koekmeelblom. Voeg
net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm. Knie goed, bedek met
kleefplastiek en verkoel sowat ‘n halfuur lank. Rol ongeveer 3mm dik op ‘n
meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n 20cm tertbord daarmee uit. Prik die
bodem met ‘n vurk en verkoel weer sowat 15 minute lank. Voer die tertkors met
waspapier uit en vul met droƫ bone. Bak 10 minute lank, verwyder die papier en
bone en bak weer 15 minute lank. **Verhit olie in ‘n pan en soteer die preie
daarin tot sag. Voeg die sampioene by en soteer tot ligbruin. Skep uit in die
tertkors en volg met skelvis, steurgarnale en
Cheddarkaas. Meng die eiers, room en melk en geur na smaak met sout en peper.
Giet oor bestanddele in tertkors. Verlaag die hitte na 190C. en bak sowat 35
minute, of tot eiermengsel gestol en die tert ligbruin bo is.