Kors:
65ml
wit margarien gesmelt
200g
gemmerbeskuitjies, verkrummel
Vulsel:
40ml
goue stroop
40ml
gemmerstroop
300ml
vlapoeier
40ml
vlapoeier, aangemaak met
125ml
styf geklitste room
75ml
water
15ml
gelatien, geweek in 25ml water
4
ingelegde gemmerstukke gekap
Meng
die margarien en beskuitjiekruĆmels. Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deursnee
van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte
oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop
en 300ml water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die
stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut. Giet ‘n klein bietjie
van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel
weer prut. Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep
die vulsel in die gaar
tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol. Versier met roomrosies.