1
x 397g blik kondensmelk
3
koppies water
6
eetlepels mielieblom
2
eiers, geel en wit apart
1
teelepel margarien
1
teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies
Verhit
die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit
by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die
geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die
botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte
van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor.
Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi booor.
Versier met kersies.