Kors:
750ml
koekmeelblom
5ml
sout
250ml
margarien
2
eiergele, geklits
250ml
room
8ml
kremetart
Vulsel:
25ml
margarien
40ml
koekmeelblom
300ml
warm melk
sout
en peper na smaak
knippie
rissiepoeier
2ml
mosterdpoeier
100ml
Cheddarkaas, gerasper
410g(1
blik) geroomde suikermielies
10
swoerdlose spekvleisrepies
Kors:
Sif
die koekmeelblom en sout saam en vryf die margarien met die vingerpunte in.
Meng die eiergele en room goed en voeg dit by die koekmeelblommengsel. Maak dit
aan tot ‘n stywe deeg. Rol die deeg dun uit en strooi die kremetart bo-oor. Vou
die deeg in drie en verkoel dit in die yskas.
Rol
dit weer dun uit en voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deursnee van 200mm
daarmee uit.
Vulsel:
Smelt
die margarien, voeg die koekmeelblom by en roer tot glad. Voeg die melk, sout,
peper en rissiepoeier en mosterdpoeier by en roer oor lae hitte totdat die sous
dik is. Verwyder van die hitte en vou die helfte van die kaas en suikermielies
in. Snipper 5 van die spekvleisrepies en braai dit tot bros. Voeg dit by die suikermieliemengsel
en meng. Skep die vulsel in die rou tertkors, maak dit gelyk bo-op en strooi
die res van die kaas bo-oor.
Garneer die tert met die 5 heel spekvleis repies Bak die tert 30 minute lank in
‘n voorverhitte oond by 190C. Bedien die tert warm.